Maak plek vir ’n nuwe golf in die Afrikaanse musiektoneel! Elster, die talentvolle DJ van Mosselbaai wat tans in Johannesburg woon, staan gereed om sy stempel af te druk met die amptelike vrystelling van Spoegwolf se “Cloetesville” (Elster Remix) op 10 Oktober 2025.
Met meer as tien jaar se ervaring as DJ en sy elektriese house-sets wat groot skares by feeste soos H2O laat dans het, het Elster in 2020 sy hart verloor op Afrikaanse musiek. Na sy eerste Afrikaanse rock-show met Francois van Coke in Mosselbaai het hy die energie en gees van die genre ontdek – en kort daarna het Spoegwolf sy grootste inspirasie geword.
Wat begin het as ’n toevallige ontmoeting tydens ’n Spoegwolf-skoolkonsert, het vinnig in ’n kreatiewe vennootskap verander. Toe Elster sy eerste remix van “Verander” aan die band wys, het Danie self onmiddellik gesê: “Love it, ek speel dit hard in die kar – maak meer!” Hierdie oomblik het die vonk geword wat Elster se pad na Afrikaanse remixes aangevuur het.
Teen 2025 het Elster reeds mylpale bereik wat hy as “onwerklik” beskryf:
- Hy het ná Spoegwolf self op die verhoog by Sognange in Randburg gedraai.
- Hy het saam met die band “Cloetesville” live voor meer as 8 000 mense op die Op Ys-verhoog uitgevoer.
Nou word die storie volledig met die amptelike vrystelling van “Cloetesville (Elster Remix)”, die eerste van drie Spoegwolf-remixes wat hierdie jaar verskyn, Hou die spasie dop daar is is hele klomp remixes in die pyp lyn vir die res van 2025
Buite die musiek bly Elster ’n trotse gesinsman, geïnspireer deur sy vrou en drie kinders. Tog is hy altyd gereed om sy unieke energie na feeste en venues te bring – en Suid-Afrika kan beslis meer Elster op die verhoog verwag.










