Vonk Musiek is ‘n trotseonafhanklikke platemaatskappy wat sedert 2004 aan die voorpunt van Afrikaanse Musiek Staan. Ons istoegewy to die bevordering van Afrikaanse musiek en die ontwikkeling van nuwe talent.
Ons is gestig deur Kobie Koen ‘n ware ambassadeur van Afrikaanse Musiek, met ‘n passie om nuwe talente te ontwikkel en bestaande kunstenaars se loopbane te versterk. Soos Kobie dit stel : Ons bou loopbane, nie renbane nie’
By Vonk Musiek glo ons in die krag van egtheid, volhoubaarheid en kreatiwiteit. Ons Missie is eenvoudig – om Afrikaanse Musiek te laat vlam vat, nuwe kunstenaars te ontbloot en ons kunstenaars toe te rus met alles wat hulle nodig het om suksesvol te wees in ‘n dinamiese bedryf
Ons toegewyde span verseker dat ons ‘n volledige lys dienste aan ons kunstenaars kan lewer. Onder andere tree ons op as uitgewer en bied musiekvervaardiging-, video-vervaardiging, Digitale en fisiese verspreiding, publisiteit en bemarking.
As ‘n onafhanklike platemaatskappy is ons buigsaam,vining aanpasbaar en altyd gefokus op wat die beste is vir ons kunstenaars. Vonk is meer as net n platemaatskappy – dis n familie, ‘n span en ‘n beweging wat streef na kwaliteit, trots en impak.
Om deel te wees van Vonk Musiek is soos om jou eerste span- trui aan te trek – hier maak ons treffers, en ons speel hulle Vonk en Hard

Direkteur

Finansiële Bestuurder

Label Manager

Mechanical Rightsholder And Royalty Management

Publisiteit En Bemarking

Visuele Kommunikasie

Producer

Besprekings

Digitale Skakelbeampte

Royalty Clerk

Kinematograaf

Administrateur