Optredes

  • Oos Wes Tuis Bes!
Jan 23, 2026

“Hou My Vas” Pieter Pruis Is Terug Met ’N Nuwe Enkelsnit

Na die sukses van “Dis Net Jy” neem jong Afrikaanse kunstenaar Pieter Pruis nog ’n stewige tree vorentoe met sy nuwe enkelsnit “Hou My Vas” – ’n lied wat natuurlik aansluit by sy groei as kunstenaar en sy terugkeer na klanke wat hom gevorm het.

“Hou My Vas” is besonders omdat dit Pieter se eerste enkelsnit is wat aanvanklik op TikTok vrygestel is. Die reaksie op die platform was onmiddellik positief, en het vir hom nuwe deure oopgemaak – onder meer sy eerste TV-onderhoudwat gelei het tot sy platekontrak by CoolerBox Records. Hierdie blootstelling het nie net sy musiek by ’n wyer gehoor gebring nie, maar ook sy selfvertroue as kunstenaar versterk.

Musikaal volg “Hou My Vas” in die spore van “Dis Net Jy”,en die klank is duidelik beinvloed deur Pieter se tienerjare toe hy in ’n punk- rock band gespeel het. Die lied dra daardie bekende energie en gevoel, en bou voort op ’n styl wat vir hom natuurlik en tuis voel. Dit is ’n klank wat vars klink, maar tog nostalgies is vir luisteraars wat grootgeword het met punk rock-invloede.

Alhoewel “Hou My Vas” ’n ligte, toeganklike aanslag het, is daar steeds ’n rou en eerlike kern wat deur die lirieke en melodie breek. Dit is ’n lied wat maklik luister, maar steeds eg bly – ’n balans wat Pieter toenemend goed bemeester.

Met hierdie vrystelling bevestig Pieter Pruis dat hy nie net ’n een-treffer-kunstenaar is nie, maar iemand wat doelgerig bou aan ’n loopbaan, lied vir lied. “Hou My Vas” voel soos ’n natuurlike volgende hoofstuk: selfversekerd, musikant-gedrewe en getrou aan waar hy vandaan kom

Volg vir Pieter Pruis op:

PUBLISITEIT & BEMARKING :
Vonk Musiek
Ashley Du Toit
Sel: 083 963 3055
E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

PLATEMAATSKAPPY :
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

Optredes

  • Oos Wes Tuis Bes!