Des 3, 2025

Ashley se Gebakte Groenboontjies

Porsies:
Voorbereiding: 30 m

Instruksies

    1. Voorbereiding van boontjies: Sny die punte van die groenboontjies af en sny dit in die helfte. Kook die boontjies in soutwater tot net-net sag (nie pap nie). Dreineer en hou eenkant.
    2. Braai: Verhit 'n bietjie olie of botter in 'n pan. Voeg die spekblokkies by en braai tot bros. Voeg die gekookte groenboontjies saam met die knoffel in die pan en braai tot die boontjies effens goudbruin en bros is. Geur met sout en peper.
    3. Mengsel: Meng die kaassmeer, suurroom en broodkrummels saam in ‘n bak.
    4. Bak: Plaas die gebraaide boontjies en spek in ‘n oondvaste bak. Skep die suurroommengsel bo-oor en meng liggies deur. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor.
    5. Oond: Bak in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir sowat 20–25 minute, of tot die gereg mooi goudbruin bo-op is en die kaas gesmelt het.