Optredes

  • Rock My Wêreld
  • Oos Wes Tuis Bes!
Des 10, 2025

Benice se gunsteling Pampoenkoekies

Porsies:
Voorbereiding: 1 u

Instruksies

  1. Metode – Pampoenkoekies
    1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer die suiker by.
    2. Klits die eiers en melk saam tot goed gemeng. Roer dit by die pampoenmoes in en meng goed.
    3. Voeg die pampoenmengsel by die meelmengsel en meng tot ’n gladde beslag.
    4. Verhit die olie in ’n diep kastrol of pot.
    5. Skep lepelsvol beslag in die warm olie en braai tot goudbruin.
    6. Plaas die pampoenkoekies op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
      Metode – Karamelsous
    1. Verhit die suiker en botter in ’n dikboomkastrol tot goudbruin.
    2. Voeg die water stadig by en roer totdat die karamel opgelos is.
    3. Roer die melk stadig by.
    4. Meng die vlapoeier met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta en roer dit by die sous.
    5. Verhit die sous vir ongeveer 3 minute totdat dit verdik.
    6. Haal van die hitte af sodra borrels vorm.

Optredes

  • Rock My Wêreld
  • Oos Wes Tuis Bes!