Sep 12, 2025

Christiaan Baartman bring somer herinneringe terug met “Somernagte”

Die geliefde Afrikaanse liedjieskrywer en sanger Christiaan Baartman is terug met ’n nuwe enkelsnit, “Somernagte” – ’n lekker poplied wat die jeugherinneringe van liefde, hoop en vryheid opnuut laat opvlam.

“Somernagte” vang die gevoel  van jong liefde vas in ’n wêreld waar dit dikwels die enigste skat is wat jy besit. Met ligte, opgewekte produksie en eerlike lirieke, straal die lied daardie sorgvrye, nostalgiese somer herinneringe uit – kaalvoet op die strand, die wind in jou hare en die gevoel dat niks anders saak maak nie. Dit is ’n lied wat moeiteloos in enige speellys sal pas wat warmte, positiewe energie en egtheid uitstraal.

Baartman is geen nuwe naam op die Afrikaanse musiektoneel nie. Met meer as 20 jaar ervaring, meer as 50 oorspronklike liedjies, landswye toere, radiotreffers en verskynings in van Suid-Afrika se grootste verhoog- en TV-produksies, het hy homself gevestig as ’n storieverteller wat altyd die hart van sy luisteraars tref.
“Ek wil altyd musiek maak wat iets beteken,” sê hy. “Met Somernagte gee ek nie net ’n vrolike lied nie, maar ook ’n herinnering aan die passies en vreugdes wat ons soms vergeet wanneer ons net agter die lewe en geld aanhardloop.”

Die lirieke vertel van die eenvoud van jong liefde – slaap in ’n Volla sonder ’n sent op die naam, maar met die sekerheid dat jy reeds alles het wat tel. Die koor roep die beeld op van Weskus-see, oop paaie en ’n lewe vol verrassings, met die N1 as sleutel tot nuwe avonture. Later wys die tweede vers hoe daardie jeugliefde saam groei in ’n toekoms vol drome, uitdagings en vreugdes.

“Somernagte” is meer as net ’n somersnit – dit is ’n vlugtige ontsnapping én ’n tydlose boodskap. Dit herinner luisteraars aan hul eie jeugherinneringe en aan die mense en oomblikke wat regtig saak maak.

Met sy kenmerkende eerlikheid en warmte, bevestig Baartman met dié vrystelling hoekom hy steeds een van die mees geliefde stemme in die Afrikaanse musiekbedryf is

Volg vir Christiaan Baartman op:

PUBLISITEIT & BEMARKING :
Vonk Musiek
Ashley Du Toit
Sel: 083 963 3055
E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

PLATEMAATSKAPPY :
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos : francois@vonkmusiek.co.za