Maak gereed vir ’n onvergeetlike aand vol musiek, stories en splinternuwe verrassings wanneer Juan Boucher, een van Afrikaans se mees geliefde sangers, op Vrydag, 20 November 2025 om 20:00 by die pragtige Theatre of Marcellus, Emperors Palace optree.
Die vertoning, Noord tot Suid – Waar ons klanke woon, beloof om gehore op ’n musikale reis te neem deur die klanke, emosies en stories wat Afrikaanse musiek so besonders maak.
Juan word op die verhoog vergesel deur die talentvolle Tasché Burger, met wie hy onder meer hul gewilde duet-treffers “Noord” en “Suid” sal uitvoer. Gehore kan ook uitsien na ’n paar opwindende verrassings en nuwe oomblikke wat vir hierdie spesiale vertoning voorberei word.
Noord tot Suid – Waar ons klanke woon is meer as net ’n konsert; dit is ’n viering van Afrikaanse musiek, samewerking en die stories wat ons verbind.
Moenie hierdie besonderse musiekaand misloop nie. Bespreek jou kaartjies nou en wees deel van ’n magiese ervaring waar Afrikaanse klanke werklik tuiskom.
















