Optredes

  • Oos Wes Tuis Bes
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm
Des 22, 2025

Richard Van Der Westhuizen Se Gebakte Skaapnek

Porsies:
Voorbereiding: 2 u 30 m

Instruksies

  1. Kraak die koljandersade met ‘n vysel en stamper Kraak die swartpeper korrels met ‘n vysel en stamper Gooi die olyfolie in ‘n swaar casserole pot Maal die sout bo-oor die olyfolie, en voeg die peper en koljandersaad by Sny die ui in 3 dik skywe van ten minste 1cm dik. Rol die skaapnek in die olyfolie met die sout, peper en koljander, en gebruik jou hande om die olie en speserye oor die hele te nek in te vryf Plaas die uieskywe uitmekaar op die bodem van die Casserole pot Plaas die roosmaryn en tiemietakkies tussen die uie op die bodem Plaas die skaapnek bo-op die skywe (soos pilare) Gooi nou ‘n goeie skeut Worcester sous bo-oor die nek. Vryf die gekneusde koffeltoontjies bo-oor en om die skaapnek en laat val in die pot. Gooi die wyn en die aftreksel on die pot, en vul die bodem onder die nek Gooi die lourierblare by. Gooi die aartappeltjies by Verhit die oond tot 120°C Sit die deksel op die pot en kook vir so 2 tot 2½  ure na smaak.  Eet met jou hande en ‘n knipmes. Wat oorbly eet jy koud more, dan is op sy heel beste. Geniet.

Optredes

  • Oos Wes Tuis Bes
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm