Optredes

  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm
Jun 20, 2026

Andriette Se Herderspastei

Vind jy dat jy heeltyd wil peusel? Dit kan wees dat jou etes nie voedsaam of vullend genoeg is nie. Voed jou liggaam met gebalanseerde, versadigende maaltye soos hierdie herderspastei.

Porsies:
Voorbereiding: 40 m

Instruksies

  1. Plaas die butternut- en patatblokkies in ’n pot met water, ’n bietjie olyfolie en ’n knypie kaneel. Kook tot sag. Dreineer indien nodig en druk fyn.
  2. Verhit die klapperolie in ’n groot pan of pot. Braai die uie tot sag.
  3. Voeg die knoffel, mixed herbs en basiliekruid by en braai kortliks tot geurig.
  4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
  5. Roer die gerasperde wortels en murgpampoentjies by.
  6. Voeg die tamatiepasta, water en Old Brown Sherry by. Geur met sout en peper.
  7. Laat prut op lae hitte vir ongeveer 30 minute, of tot die sous dik raak.
  8. Skep die vleismengsel in ’n oondbak. Smeer die fyn butternut-en-patatmengsel bo-oor.
  9. Bak teen 190 °C vir ongeveer 30 minute
  10. Bedien warm en geniet.

Optredes

  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm