Optredes

  • KleinGroenBlohm
  • Noord Tot Suid
  • Uiteindelik
Sep 5, 2026

Fanus Pienaar se Spaghetti Bolognaise

Porsies:
Voorbereiding: 1 u

Instruksies

  1. Verhit ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan
  2. Braai die maalvleis tot mooi bruin
  3. Voeg die mushrooms by en braai verder tot alles gaar is.
  4. Geur met sout, peper, Aromat en Mixed Herbs na smaak.
  5. Voeg die blatjang, tamatiepasta en tamatie-en-uie-smoor by.
  6. Roer goed deur en voeg Worcestersous na smaak by.
  7. Laat die sous stadig prut op lae hitte terwyl jy af en toe roer.
  8. Vul ’n mediumgroot pot halfpad met water.
  9. Voeg die teelepel sout by en bring tot kookpunt
  10. Voeg 3–4 druppels olie by die water
  11. Plaas die spaghetti in die kokende water en kook tot gaar
  12. Dreineer die water wanneer die pasta reg is.
  13. Skep ’n porsie spaghetti in ’n bord.
  14. Strooi ’n laag gerasperde kaas oor die pasta.
  15. Skep die warm bolognaise-sous bo-oor.
  16. Rond af met nog ’n ruim lagie gerasperde kaas.

Optredes

  • KleinGroenBlohm
  • Noord Tot Suid
  • Uiteindelik