Optredes

  • Langpad Rebelle
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm
  • Noord Tot Suid
Jul 11, 2026

Gift Matjila Se Middagete Mandjie

Hierdie mandjie is perfek vir twee mense wat lief is vir braai-kos. Dit sluit kaasworsies, ribbetjies, slaptjips, hoendernuggets en natuurlik Suid-Afrika se gunsteling in: die braaibroodjie. Dit is ’n lekker, gemaklike ete wat altyd ’n glimlag op mense se gesigte sit.

Porsies:
Voorbereiding: 30 m

Instruksies

  1. Smeer botter aan die buitekant van die brood.
  2. Smeer chutney aan die binnekant.
  3. Pak uie, tamatie en kaas op die brood.
  4. Maak die broodjie toe en plaas dit op die braairooster.
  5. Braai dit stadig oor matige kole totdat die brood goudgeel en bros is.
  6. Plaas die kaasworsies op die braairooster.
  7. Braai tot dit mooi gaar en effens bros aan die buitekant is.
  8. Bedien met tamatiesous, mosterd of kaas-en-mushroomsous indien verkies.
  9. Berei die ribbetjies, slaptjips en hoendernuggets voor.
  10. Pak alles saam in ’n mandjie vir twee.
  11. Bedien warm saam met die braaibroodjie en sousies.

Notas

Bedien die mandjie as ’n lekker middagete vir twee by ’n mark, kuier of informele braai. Perfek vir vriende, familie en enige iemand wat van eg Suid-Afrikaanse braaikos hou.

Optredes

  • Langpad Rebelle
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm
  • Noord Tot Suid