Optredes

  • Noord tot Suid
Okt 3, 2025

Nicholis Louw “Rock Daai Lyfie “Steeds Na 20 Jaar

Die legendariese Afrikaanse kunstenaar Nicholis Louw is terug met ’n splinternuwe weergawe van sy ikoniese treffer, Rock Daai Lyfie. Twee dekades nadat die oorspronklike liedjie die land aan die dans gesit het, vier hy nou die 20ste “verjaarsdag” van die snit met ’n kragtige heruitreiking wat energie, nostalgie en moderne klanktegnologie kombineer.

“Rock Daai Lyfie was nog altyd net dit – ’n lekker ‘feel-good’ liedjie wat mense laat dans en glimlag. Dit was nooit bedoel om diep ontleed te word nie, maar bloot om die gehoor se harte lig en vrolik te maak,” sê Louw. Met die nuwe opname wou hy seker maak dat die liedjie steeds sy oorspronklike vonk het, maar met ’n vars aanslag wat dit relevant hou vir 2025.

Nicholis erken dat die heruitreiking ’n fyn balans vereis: “Mens moet versigtig wees met mense se herinneringe. Ek het geweet dat die nuwe weergawe minstens die energie van die oorspronklike moes oortref, sonder om geliefde elemente weg te neem. Dit moes eerlik, professioneel en van die hoogste gehalte wees.”

Om seker te maak dat die kern behoue bly, het hy weer met Robin Kielly, die regisseur van die oorspronklike weergawe, saamgewerk. Hierdie samewerking het gehelp om daardie unieke gevoel van 2005 terug te bring, maar met die voordeel van 20 jaar se groei en moderne produksie-tegnologie.

Toe Rock Daai Lyfie in 2005 vrygestel is, was dit die begin van iets besonders. Met meer as 150 000 verkope (sonder om vandag se digitale strome in te reken), was dit ’n spanpoging van ’n sterk skryfspan, platemaatskappy, bemarkingspan, die media, en natuurlik die publiek. “Ek was ’n ‘new kid on the block’ wat net gelukkig was om soveel guns en seën van Bo af te ontvang,” vertel Nicholis.

Met Rock Daai Lyfie 2025 bring Louw nuwe elemente in wat sy ervaring van 20 jaar se vertonings weerspieël. “Ek het die lied al honderde kere live gesing, en oor die jare het nuwe idees ontstaan wat ek nou kon implementeer. Ek moes selektief wees om dit vars te hou, maar nie vreemd vir die luisteraar nie.”

Die resultaat is ’n snit wat oud en jonk sal geniet – ’n liedjie wat jou voete laat juk en jou hart laat glimlag. “My hoop is dat die nuwe generasie dit net so sal omhels soos die

 

afgelope 20 jaar se luisteraars. Dis ’n dosis fun en feel-good wat ons almal nodig het.” Nicholis beklemtoon dat hierdie heruitreiking nie moontlik sou wees sonder die samewerking van Vonk Musiek, wat die produksie ondersteun het. “Dis vir my belangrik om in nederigheid te sê: geen kunstenaar bereik sukses alleen nie. Dis altyd ’n spanpoging, en ek is ongelooflik dankbaar dat ons dit saam kan vier.”

Volg vir Nicholis Louw op:

PUBLISITEIT & BEMARKING :
Vonk Musiek
Ashley Du Toit
Sel: 083 963 3055
E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

PLATEMAATSKAPPY :
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

Optredes

  • Noord tot Suid