Voorbereiding Smeer die onderste snytjie brood met Stork Country Spread. Plaas ’n ruim hoeveelheid medium dik cheddar kaas bo-op. Strooi ’n bietjie Robertsons Salt & Vinegar Spice oor die kaas. Plaas die tweede snytjie brood bo-op.
Maak warm – Toaster-metode Plaas die broodjie in die toaster. Hy is reg wanneer die kaas begin uitloop. As hy brand, beteken dit daar was te min kaas op!
Maak warm – Mikrogolf-metode Verhit vir 30 sekondes. Maak oop en kyk. Daarna, verhit in stappe van 15 sekondes totdat die kaas mooi gesmelt is. Pasop: as jy hom té lank los, kan die kaas rubberig word.