Optredes

  • Langpad Rebelle
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm
  • Noord Tot Suid

Rock My Wêreld

Gebeur oor

KOOP KAARTJIES

 Theatre of Marcellus, Emperors Palace

 64 Jones Road, Kempton Park - Gauteng,Boksburg

Vrydag 20:00

27 Mar 2026

ROCK MY WÊRELD – Dozi, Nicholis Louw & Pietman Geldenhuys live by Emperors Palace

27 & 28 Maart | Theatre of Marcellus, Emperors Palace

Maak gereed vir ’n aand wat jou herinner hoekom Afrikaanse musiek mense bymekaar bring. Rock My WêRELD neem jou op ’n reis deur jare se treffers, stories en saamsing-liedjies—met drie van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars op een verhoog: Dozi, Nicholis Louw en Pietman Geldenhuys.
Hierdie is nie net ’n konsert nie—dis ’n ervaring. Van kragtige, hartland-klassieke tot liedjies wat jy al langs die pad saam in die kar gesing het, bring Rock My Wêreld die energie, nostalgie en feesgevoel terug—met groot stemme, groot persoonlikhede en ’n gehoor wat saam sing soos een.
die “live performance” word gedra deur top musikante wat deel vorm van die band, onder leiding van musiekdirekteur Tertius Human—wat sorg vir ’n vol, professionele en energieke klank wat die hele produksie lig.

’n Treffer-parade uit elke kunstenaar se loopbaan
Gewilde saamsing “covers” wat deel was van hul reis na sukses
Stories, humor en musiek wat jou “weer laat voel”
’n Topklas orkes en produksie-energie van begin tot einde

Moenie hierdie vertoning misloop nie. Rock My Wêreld is daardie een aand waar jy nie net luister nie—jy deel dit!

Voeg by jou kalender

Theatre of Marcellus, Emperors Palace, 64 Jones Road, Kempton Park - Gauteng, Boksburg

Tot Daar Waar Die Lig Is

Tot Daar Waar Die Lig Is

Die bekroonde Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Jan Blohm bring sy nuutste produksie, 'Tot daar waar die lig is', na die verhoog in Gqeberha. Hierdie...

Uiteindelik

Uiteindelik

Juan Boucher nooi aanhangers na “Uiteindelik” — ’n spesiale DVD-opname by Emperors Palace Die geliefde Afrikaanse kunstenaar Juan Boucher is gereed...

Noord Tot Suid

Noord Tot Suid

Maak gereed vir ’n onvergeetlike aand vol musiek, stories en splinternuwe verrassings wanneer Juan Boucher, een van Afrikaans se mees geliefde...

Optredes

  • Langpad Rebelle
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm
  • Noord Tot Suid