In ’n wêreld waar talent (alleen), nie meer genoeg is nie, is daar soms ’n jong kunstenaar wat na vore tree……. ‘n Kunstenaar wie se storie mens herinner waarom musiek steeds mense verbind. Een van daardie kunstenaars is, Brandon Miles. ’n Moderne Afrikaanse country-sanger, wie se reis vanaf Brackenfell, tot op Amerikaanse plase en feeste, hom gevorm het. ’n Hardwerkende, opregte mens en musikant, met ’n doel voor oë.
Brandon Vincent Oberholzer, gebore op 3 April 1998 in Bellville, het grootgeword in Brackenfell—’n gemeenskap waar musiek nie net gehoor word nie, maar geleef word. Volgens Brandon, kon sy oupa enige instrument bespeel en naweke het Oberholzer, saam met sy ouma en oupa, spandeer om live bands te kyk. Dit was dus net ’n kwessie van tyd, voor musiek, sy pad sou kruis.
Die keerpunt het onverwags gekom, Brandon was in matriek…. Hy het homself leer kitaar speel, deur Youtube video’s te kyk. “Dit het alles daar begin,” vertel hy. “Ek het besef musiek is nie net iets wat ek geniet nie—dis iets waarvan ek ‘n loopbaan wil maak.
Brandon se loopbaan het (dramaties) momentum gekry, toe hy die kans gekry het om in Amerika te werk én op te tree. ‘n Ervaring wat hy beskryf as die beste van sy lewe.
“Ek het baie geleer by mentors en vriende. Dit het my as mens laat groei en my oë oopgemaak oor die musiekbedryf. Ek het gesien wat ek nog in die bedryf kán doen en wat ek nog moet leer om op internasionale standaard te wees. As dit nie vir my besoek aan Amerika was nie, sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie.”
Sy optrede by ’n Country fest in die VSA is steeds een van sy loopbaan hoogtepunte. Dit is ook daar waar sy liefde vir moderne country gevorm is—’n klank wat vandag duidelik in sy musiek voorkom.
Brandon se pad na die plaaslike musiekbedryf, het begin deur deelnames aan S.A.- kompetisies, soos Gemini en die Bakgat Country Opskop. Hy het gou aandag getrek met sy warm stem en egte country-gees.
‘n Hoogtepunt vir Miles, was om op te tree by Die Bokkies, saam met James Johnston, BlackByrd en Margo Rothman. ’n Geleentheid wat sy naam onder plaaslike musiekliefhebbers, laat opklink het.
Waar baie jong kunstenaars sukkel om mentors te vind, het Brandon die voorreg gehad om Ray Dylan as vriend en klankbord te hê. “Ray gee my altyd raad en leiding—hy is ’n goeie vriend,” sê Brandon met trots.
Sy musiekstyl reflekteer ‘n groot liefde vir country. Sy eie woorde:
“Ek dink dit het baie invloede van die country wat ek luister.”
Hy skryf ook sy eie liedjies—geïnspireer deur alledaagse ervarings. Hy werk saam met vriende om dit af te rond.
Brandon het sy voet in die deyr gekry met sy enkelsnit, “Sweet en bloed , Liefde Soos Die en Stoppit Ek Like Dit” (2025). Sy planne vir die toekoms? Om jaarliks nuwe musiek vry te stel en soveel moontlik “live” op te tree. Hy wil aanhangers oor Suid-Afrika bereik.
Brandon is bekroon as Bok radio se “Nuweling van die Jaar”. ’n Toekenning wat bevestig dat hy oppad is boontoe!
Miles se uiterlike, is ’n kombinasie van boertjie en cowboy. ’n Ware prentjie van sy musikale identiteit. Hy bou aan sy handelsmerk met humor en spontaniteit, veral op sosiale media, waar sy stories dikwels sy aanhangers laat lag.
Vir Brandon gaan musiek oor meer as net ’n melodie. Dit is sy manier om betekenis te vind en dit met ander te deel. “Die lewe is baie dieper as wat mens dink.
Oor vyf jaar sien hy homself op groter verhoë, maar steeds diep gewortel in die Afrikaanse kultuur.
“Afrikaans is groot—Afrikaans op die platteland,” sê hy met ’n glimlag.
Brandon Miles is die definisie van ’n moderne Afrikaanse country-kunstenaar. Hy’s nederig, vasberade, talentvol en vol hoop.












