Optredes

  • Oos Wes Tuis Bes
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm

KleinGroenBlohm

Gebeur oor

KOOP KAARTJIES

  Theatre of Marcellus, Emperors Palace · Gauteng

  64 Jones Rd, Kempton Park

Vrydag 20:00

30 Okt 2026

KleinGroenBlohm keer terug na Emperors Palace

Na die groot sukses van die eerste KleinGroenBlohm, is Jan Blohm, Herman Kleinhans en Gian Groen terug vir nóg ’n onvergeetlike musiekaand by Emperors Palace.

Maak jou gereed vir ’n besonderse vertoning wanneer drie van Suid-Afrika se mees geliefde manlike kunstenaars saam die verhoog betree. KleinGroenBlohm is meer as net ’n konsert; dit is ’n unieke viering van vriendskap, stories en musiek wat hierdie drie kunstenaars op ’n kragtige en persoonlike manier verbind.

Hierdie geleentheid vind plaas op Vrydag, 30 Oktober 2026 om 20:00 by die ikoniese Theatre of Marcellus, Emperors Palace.

Gehoorlede kan uitsien na ’n aand vol rou emosie, bekende treffers, treffende samewerking en spesiale oomblikke wat eksklusief vir hierdie vertoning beplan is. Jy gaan Jan, Herman en Gian hoor soos nog nooit vantevore nie.

Kaartjies is beperk. Maak seker jy is deel van hierdie besondere Afrikaanse musiekbelewenis wat beslis nog lank oor gepraat gaan word.

Voeg by jou kalender

Theatre of Marcellus, Emperors Palace · Gauteng, 64 Jones Rd, Kempton Park

Oos Wes Tuis Bes

Oos Wes Tuis Bes

Pretoria maak gereed vir een van die grootste Afrikaanse musiek geleenthede van die jaar. Op Saterdag, 20 Junie 2026, word die produksie “Oos Wes,...

Tot Daar Waar Die Lig Is

Tot Daar Waar Die Lig Is

Terug op gewilde aanvraag bring die bekroonde Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Jan Blohm sy nuwe vertoningsreeks, Tot daar waar die lig is, na die...

Twee Klein Oseane

Twee Klein Oseane

Twee Klein Oseane bring drie geliefde stemme van die Afrikaanse musiekbedryf saam op een verhoog – Herman Kleinhans, Andriette en die talentvolle...

Optredes

  • Oos Wes Tuis Bes
  • Tot Daar Waar Die Lig Is
  • Twee Klein Oseane
  • KleinGroenBlohm