KleinGroenBlohm keer terug na Emperors Palace
Na die groot sukses van die eerste KleinGroenBlohm, is Jan Blohm, Herman Kleinhans en Gian Groen terug vir nóg ’n onvergeetlike musiekaand by Emperors Palace.
Maak jou gereed vir ’n besonderse vertoning wanneer drie van Suid-Afrika se mees geliefde manlike kunstenaars saam die verhoog betree. KleinGroenBlohm is meer as net ’n konsert; dit is ’n unieke viering van vriendskap, stories en musiek wat hierdie drie kunstenaars op ’n kragtige en persoonlike manier verbind.
Hierdie geleentheid vind plaas op Vrydag, 30 Oktober 2026 om 20:00 by die ikoniese Theatre of Marcellus, Emperors Palace.
Gehoorlede kan uitsien na ’n aand vol rou emosie, bekende treffers, treffende samewerking en spesiale oomblikke wat eksklusief vir hierdie vertoning beplan is. Jy gaan Jan, Herman en Gian hoor soos nog nooit vantevore nie.
Kaartjies is beperk. Maak seker jy is deel van hierdie besondere Afrikaanse musiekbelewenis wat beslis nog lank oor gepraat gaan word.










